BABA, KLEUTER EN NASKOOLSENTRUM

Stimulasie is die
sleutel tot sukses

+27 12 661 7713
Welkom by die tuisblad van Ietzi Pinkz Ietzi Groenz Kleuterskool in Rooihuiskraal, Centurion

Ons skool bied Mamma en Pappa die gemoedsrus om te weet dat hulle kinders in die mees bekwaamste hande is. ‘n Uitsonderlike kurrikulum, liefdevolle omgewing, voedsame etes en veiligheid sorg vir ‘n gelukkige kind. Ons gekwalifiseerde onderwysers sal seker maak dat jou kleintjie ‘n genotvolle en leersame tyd by ons sal hê.

Ons kan met trots sê dat Ietzi Pinkz Ietzi Groenz Kleuterskool een van die grootste kleuterskole in Centurion is. Dit is hier waar ons u kind die nodige blootstelling en leiding sal gee om haar/hom voor te berei vir die wêreld wat wag.

Die gesindheid en gesag van die ouerhuis word hier uitgebou en aangevul, en so word ‘n tweede tuiste vir u kind geskep waar hy homself voluit kan uitleef met gemak en vertroue in die persone wat na hom omsien.

ons skool

5 Funksionele Kampusse

I.P.I.G. is opgedeel in 5 funksionele kampusse om ons kinders se veiligheid te verseker en ook om ons klassies so klein as moontlik te hou. 

Die kampusse is as volg:

Babas

Vir babas vanaf 3–12 maande.

Peuters

Vir peuters vanaf 1–3 jaar.

Kleuters

Vir kleuters vanaf 4–5 jaar.

Graad R

Voorbereidende fase vir
Graad 1.

Naskool

Vir leerlinge van Laerskool
Rooihuiskraal Gr 1–Gr 7.

Sportskool

Alle maatjies kry onderrig in sport
(2 halfuur sessies per dag).

Aktiwiteite

Die volgende aktiwiteite is ingesluit by ons skoolfonds vir kleuters en word deur spesialiste op hul gebied aangebied:

Klasmusiek
Rekenaars
Sportontwikkeling
Kreatiewe kuns
Kinderkinetika
hoekom ons

Die beste 1-stop sentrum vir u kleingoed

Ons volg ‘n kurrikulum wat opgestel is deur verskeie arbeidsterapeute, opvoedkundiges en spesialiste op die gebied van kinderontwikkeling. Ons kurrikulum is geskoei op die Britse kurrikulum en ons belê in vroëe kinderstimulasie. Ons is ‘n Afrikaans medium kleuterskool, dus geskied onderrig in Afrikaans. Engels word wel as tweede taal geinkorporeer, maar ons fokus op Afrikaans as “lees” en “skryf” taal. Die benutting van ‘n nagevorsde kurrikulum met spesifieke doeleindes vir verskillende ouderdomsgroepe word gebruik. Ons Britse kurrikulum word gebruik om die kind se volle potensiaal te ontwikkel. Implimentering geskied op ‘n gedifferensieerde basis en volgens ouderdomsgroepe. Die leerders word van jongs af aan ‘n wye verskeidenheid van temas en woordeskat blootgestel. Hulle ontwikkel en groei spontaan, met die voordeel dat hulle ‘n voorsprong bo ander leerders het wat nie aan die kurrikulum blootgestel word nie.

Fasiliteite op ons perseel:
Meer inligting:
Waardes

Christelike waardes met die erkenning en beskerming van vryheid van geloof.

Sekuriteit

Sekuriteit is van kardinale belang vir al ons kinders. Ons het opgeleide wagte wat patroleer en ons area beskerm. Ons het ook sekuriteitskameras regoor ons persele en in al ons klaskamers. Elke personeellid het ook ‘n paniekknoppie.

Ontwikkeling

Die harmonieuse ontwikkeling van die leerder ten opsigte van geestelike, fisiese en intellektuele welsyn, sowel as die bevordering van sy sosiale, estetiese, morele en Godsdienstige vorming

Verslae

Ons verslae word twee keer per jaar uitgedeel – Junie en Desember. Die kleingoed ontvang akademiese, sport, kinderkinetika en rekenaarsverslae.

Scroll to Top